Donderdag 09 Junie 2016

Lag Net Nog Een Keer

Ter nagedagtenis aan Tannie Lenie, wie se liggaam vanoggend net nie meer al daardie heerlikheid binne kon hou nie.


Soms proe woorde soeter in Afrikaans, maar tussendeur die koeksisterstroop was hulle op hulle soetste in Tannie Leen se huis.

Haar manier van praat, het Afrikaans verander in manna waarvoor my ore bak gestaan het. Haar 'R'e het met genotsrillings langs my ruggraat af vibreer.

Sy is ook die een wat my op skool van Ingrid Jonker vertel het, so hiermee net vir haar - sodat sy weet ons het haar elke dag lief gehad (al het ons nie elke dag kontak gehad nie):