Dinsdag 26 Desember 2017

Nimmer Nee!

Al ooit van Schweizer-Reneke gehoor? Wel, as jy weet van Wolmaransstad, Christiana, Vryburg en Bloemhof, dan behoort jy al hierdie dorpie in die Noord-Wes se naam ook te ken.

My hele familie kom van daai wêreld af. My Ouma's en Oupa's het my ma, pa en al die boeties en sussies op die plase Langverwaght en Lot 6 grootgemaak. Ouma Bettie bly selfs vandag nog in die dorp - so kort entjie van die skole af (alhoewel alles in SR vir my net 'n kort entjie uit mekaar uit voel).

Al ses van die Hallatt en Williams kinders was ook so op 'n streep deur Hoërskool Schweizer-Reneke (ek dink my ma was selfs Hoofmeisie in 1977).

Van al hierdie feite wis ek lank al, maar ek het geen idee gehad dat my Groot Tannie (my Ouma se sussie aan my ma se kant) die skoollied geskryf het nie?!

My Afrikaans is nou nie naastenby so mooi soos hare nie, maar aangesien Tannie Lenie hierdie week sou verjaar (sy's 'n Desember baba gewees, nés ek), wou ek hierdie met julle deel. Miskien help dit om haar gees langer aan die lewe te hou as ek dit die kuberruim instuur.

Dis óns Tannie Lenie daai! [Foto via Oom Reg.]

Donderdag 19 Oktober 2017

Liewe Jesus en My Pa

Geluk met Pa se verjaardag.

Ek hoop die hemel is alles wat Pa se hart ooit begeer het.




Voetnota: Dankie vir die lied, Adri.

Dinsdag 17 Oktober 2017

Koes en Klim

Dis vir my hartseer dat ons nie meer uit die staanspoor op ons medemense kan staatmaak om eties op te tree nie.

Ek sien dit oral. Vir wat jaag almal so om bo-oor mekaar te klim? Om reg te wees? Om te wen? Ons gaan tog almal dieselfde uiteinde bereik.

Hou jou by jou eie dinge. Vergeet van hoe ander optree. Jy sal dalk nou en dan moet koes, maar dis nie nodig om na hulle vlak te daal nie. Doen wat jy doen met grasie, liefde en genade.

Dinsdag 03 Oktober 2017

Ons Harte Klop Dieselfde

En as almal dit net wil besef, sal die wêreld 'n baie beter plek wees.
PC: Stokperdjie op Facebook

Dinsdag 12 September 2017

Soet Woorde

En DIT is hoekom geweld nie nodig is nie.

Mens kan veg vir jou taal deur bloot aan te hou práát.


Dinsdag 05 September 2017

Genade

Sommige dinge, soos genade en ware liefde, kan ons nie verdien nie.

Nie deur ons aksies óf ons woorde nie.

Dis bloot 'n geskenk van Hom.


Dinsdag 29 Augustus 2017

Vier Jaar Getroud Hierdie Vrydag!


Waar kom hierdie spreekwoord vandaan, vra jy?

'n Disselboom is die paal voor aan 'n woonwa/sleepwa/ens., waaraan dit deur 'n motor/trekker/ens. getrek word (histories die paal voor 'n kar/wa aan weerskante waarvan 'n trekdier ingespan word, of enigeen van twee sulke pale waartussen 'n dier trek) [sien HAT definisie via Viva-Afrikaans.org].

"Wanneer 'n perdekar eweredig gelaai is, wys die disselboom horisontaal, en as die perde draf, klop die disselboom reëlmatig teen die draaghout." - MyVolk.co.za

Woensdag 28 Junie 2017

Malligheid

Hierdie bly nou maar net een van my gunstelinge:

Die Kranksinnige
deur S.J. Pretorius

In hierdie sel
agter die grense
van die vel
en die hoë
vensters van die oë
is twee mense:

die een is gek,
die ander, ek.

Dis hy wat kerm en gil
maar ek is bang en stil.

In elke klein uur van die nag
veg ek teen hom met minder krag
en as hy wen dan skree hy luid

sy wrok teen God en die wêreld uit.
In hierdie klein vertrek
van vlees en been,
is twee. Die een
is gek,
die ander, Ek.

Dinsdag 23 Mei 2017

Spesiale Ek

Soms, Here, verdwyn ek in my gewoon-wees
onsigbaar tussen bekendes, suksesvolles, geleerdes, presteerders,
en wonder ek of U my - enkeling - ooit raaksien?

Dis wanneer ek vergeet
hoe goed U my diepste wese ken;
U lees elke wegsteek-gedagte,
voel my seerkry,
lag my vreugde,
verstaan al my gisters én môres!

Help my onthou, Skepper
dat U my liefhet asof ek U enigste kind is, dat U my koester, Jesus,
in alles wat ek is, dat U my onvoorwaardelik vul, o Gees.

Help my onthou dat
ek só spesiaal is
dat U my nooit vergeet nie!

[Uit: Milanie Vosloo, Jou Voetpad Na Vrede]