Dinsdag 23 Mei 2017

Spesiale Ek

Soms, Here, verdwyn ek in my gewoon-wees
onsigbaar tussen bekendes, suksesvolles, geleerdes, presteerders,
en wonder ek of U my - enkeling - ooit raaksien?

Dis wanneer ek vergeet
hoe goed U my diepste wese ken;
U lees elke wegsteek-gedagte,
voel my seerkry,
lag my vreugde,
verstaan al my gisters én môres!

Help my onthou, Skepper
dat U my liefhet asof ek U enigste kind is, dat U my koester, Jesus,
in alles wat ek is, dat U my onvoorwaardelik vul, o Gees.

Help my onthou dat
ek só spesiaal is
dat U my nooit vergeet nie!

[Uit: Milanie Vosloo, Jou Voetpad Na Vrede]