Sondag 03 Februarie 2019

Nostalgie

Meestal bestaan nostalgie vir my uit 'n hunkering daarna om myself op te fok.

Ongelukkig, soos ons ouer word, raak ons te slim vir daardie tipe onverantwoordlikheid.

'Ongelukkig', want ek verlang na die roekelose leerkurwe van my jeug waartydens pyn & ekstase saamgevleg was.