Dinsdag 26 Desember 2017

Nimmer Nee!

Al ooit van Schweizer-Reneke gehoor? Wel, as jy weet van Wolmaransstad, Christiana, Vryburg en Bloemhof, dan behoort jy al hierdie dorpie in die Noord-Wes se naam ook te ken.

My hele familie kom van daai wêreld af. My Ouma's en Oupa's het my ma, pa en al die boeties en sussies op die plase Langverwaght en Lot 6 grootgemaak. Ouma Bettie bly selfs vandag nog in die dorp - so kort entjie van die skole af (alhoewel alles in SR vir my net 'n kort entjie uit mekaar uit voel).

Al ses van die Hallatt en Williams kinders was ook so op 'n streep deur Hoërskool Schweizer-Reneke (ek dink my ma was selfs Hoofmeisie in 1977).

Van al hierdie feite wis ek lank al, maar ek het geen idee gehad dat my Groot Tannie (my Ouma se sussie aan my ma se kant) die skoollied geskryf het nie?!

My Afrikaans is nou nie naastenby so mooi soos hare nie, maar aangesien Tannie Lenie hierdie week sou verjaar (sy's 'n Desember baba gewees, nés ek), wou ek hierdie met julle deel. Miskien help dit om haar gees langer aan die lewe te hou as ek dit die kuberruim instuur.

Dis óns Tannie Lenie daai! [Foto via Oom Reg.]