Wys tans plasings met die etiket lewenslesse. Wys alle plasings
Wys tans plasings met die etiket lewenslesse. Wys alle plasings

Sondag 03 Februarie 2019

Nostalgie

Meestal bestaan nostalgie vir my uit 'n hunkering daarna om myself op te fok.

Ongelukkig, soos ons ouer word, raak ons te slim vir daardie tipe onverantwoordlikheid.

'Ongelukkig', want ek verlang na die roekelose leerkurwe van my jeug waartydens pyn & ekstase saamgevleg was.

Dinsdag 17 Oktober 2017

Koes en Klim

Dis vir my hartseer dat ons nie meer uit die staanspoor op ons medemense kan staatmaak om eties op te tree nie.

Ek sien dit oral. Vir wat jaag almal so om bo-oor mekaar te klim? Om reg te wees? Om te wen? Ons gaan tog almal dieselfde uiteinde bereik.

Hou jou by jou eie dinge. Vergeet van hoe ander optree. Jy sal dalk nou en dan moet koes, maar dis nie nodig om na hulle vlak te daal nie. Doen wat jy doen met grasie, liefde en genade.

Dinsdag 03 Oktober 2017

Ons Harte Klop Dieselfde

En as almal dit net wil besef, sal die wêreld 'n baie beter plek wees.
PC: Stokperdjie op Facebook

Dinsdag 12 September 2017

Soet Woorde

En DIT is hoekom geweld nie nodig is nie.

Mens kan veg vir jou taal deur bloot aan te hou práát.


Dinsdag 05 September 2017

Genade

Sommige dinge, soos genade en ware liefde, kan ons nie verdien nie.

Nie deur ons aksies óf ons woorde nie.

Dis bloot 'n geskenk van Hom.


Maandag 13 April 2015

Wanneer Paaie Skei

Die grasie waarmee jy die einstryd hanteer het, slaan die wind uit my seile. Ek praat dalk baie, maar daarvoor het ek nie die regte woorde nie.

Hierdie proses was seker 'n dure lewensles vir jou ('skoolgeld' soos my skoonpa sou sê), maar ek is verby verbaas wanneer ek mooi dink oor wat ek alles by jou geleer het - en ek moet bieg dat ons dieselfde swak punte deel, want ek het gedink ek het die ergste verwag as gevolg van wie jy is, maar as ek eerlik is, is dit dalk meer 'n gevolg gewees van wie ek is in die diep, donker kuile wat ek nie vir almal wys nie.

Ek twyfel sterk of ons ooit die geleentheid sal hê om openhartig oor alles te gesels, so ek wou net die beste wense vir jou toekoms in die heelal in stuur. Miskien kom dit tog op 'n manier by jou uit.

Pic Source: Unsplash