Woensdag 09 Maart 2016

Ek Staan Saam Langs Die Koue Vuur

     Son is reg. Dit is 'n fokop - nie net as mens se ma dood is nie, 'n pa ook.

                        Dis 'n onherroeplike, lewensveranderende, hartverskeurende fokop.


Maandag 15 Februarie 2016

Ballade

Knysna kan aan gister se ou sokkies & onderbroekies gaan suig. As jy regtig voel dis tyd vir 'n ou Afrikaanse filmpie, kyk liewer Ballade vir 'n Enkeling.


*Daar is geen ander basis vir hierdie vergelyking as die blote feit dat ek albei probeer het gedurende dieselfde vakansie nie, maar dit móés net gesê word.


Donderdag 31 Desember 2015

Maandag 19 Oktober 2015

Sestig

Sestig Sekondes
Sou die bestuurder die trok net vroeër kon sien...

Sestig Minute
Sou ek net kans gehad het om te groet...

Sestig Maande
Sal die holte net kan vul...

Sestig Jaar
Geluk, Pa

Vrydag 02 Oktober 2015

Slaak 'n Sug van Verligting


Dis so maklik om verblind te word deur konstante klaagliedere. Méér so wanneer die mense om ons nie noodwendig optimisme & hoop so belangrik ag vir geestelike gesondheid soos wat mens self doen nie.

Ek wil vandag net graag 'n oomblik neem om 'n amptelike "Dankie" (op skrif en alles) opstuur vir hoe goed ma haar kanker teenstaan, en ook hoe skoon my resultate gelyk het Dinsdag.

Sondag 30 Augustus 2015

Leë Holtes

Wanneer ons geliefdes verloor, die gunsteling-mense in ons lewens, bly die holtes in ons harte leeg. Niks en niemand kan hulle vir ons vul nie.

Op die donker dae, wanneer dinge te veel raak en ek begin huil, begin ek nie noodwendig oor my Pa huil nie, maar op die ou end is hy waaroor ek huil. Ek mis hom. Die stomp manier waarop hy uit ons lewens weggevat is, oorweldig my met woede en magteloosheid. Al wil ek met die hele wêreld daaroor baklei, weet ek terselfdertyd dat dit niks sal verander nie. Hy is steeds weg.

Dit begin vir my sin maak hoekom ons die woord 'rou' in Afrikaans gebruik. 'n Wond wat rou of oop is, is dalk iets waaraan jy gewoond kan raak, maar dit beteken nie dit hou op seer voel nie.

Weet jy ook hoe dit voel? Vertel my, hoe verwerk mens so 'n verlies?