Wat die hart van vol is, loop die mond van oor; so soms loop ek my treë liewer in Afrikaans.
Dinsdag 16 Februarie 2016
Maandag 15 Februarie 2016
Ballade
Knysna kan aan gister se ou sokkies & onderbroekies gaan suig. As jy regtig voel dis tyd vir 'n ou Afrikaanse filmpie, kyk liewer Ballade vir 'n Enkeling.
*Daar is geen ander basis vir hierdie vergelyking as die blote feit dat ek albei probeer het gedurende dieselfde vakansie nie, maar dit móés net gesê word.
*Daar is geen ander basis vir hierdie vergelyking as die blote feit dat ek albei probeer het gedurende dieselfde vakansie nie, maar dit móés net gesê word.
Donderdag 31 Desember 2015
Voorspoedige Nuwe Jaar!
Maandag 19 Oktober 2015
Sestig
Sestig Sekondes
Sou die bestuurder die trok net vroeër kon sien...
Sestig Minute
Sou ek net kans gehad het om te groet...
Sestig Maande
Sal die holte net kan vul...
Sestig Jaar
Geluk, Pa
Sou die bestuurder die trok net vroeër kon sien...
Sestig Minute
Sou ek net kans gehad het om te groet...
Sestig Maande
Sal die holte net kan vul...
Sestig Jaar
Geluk, Pa
Vrydag 02 Oktober 2015
Slaak 'n Sug van Verligting
Dis so maklik om verblind te word deur konstante klaagliedere. Méér so wanneer die mense om ons nie noodwendig optimisme & hoop so belangrik ag vir geestelike gesondheid soos wat mens self doen nie.
Ek wil vandag net graag 'n oomblik neem om 'n amptelike "Dankie" (op skrif en alles) opstuur vir hoe goed ma haar kanker teenstaan, en ook hoe skoon my resultate gelyk het Dinsdag.
Sondag 30 Augustus 2015
Leë Holtes
Wanneer ons geliefdes verloor, die gunsteling-mense in ons lewens, bly die holtes in ons harte leeg. Niks en niemand kan hulle vir ons vul nie.
Op die donker dae, wanneer dinge te veel raak en ek begin huil, begin ek nie noodwendig oor my Pa huil nie, maar op die ou end is hy waaroor ek huil. Ek mis hom. Die stomp manier waarop hy uit ons lewens weggevat is, oorweldig my met woede en magteloosheid. Al wil ek met die hele wêreld daaroor baklei, weet ek terselfdertyd dat dit niks sal verander nie. Hy is steeds weg.
Dit begin vir my sin maak hoekom ons die woord 'rou' in Afrikaans gebruik. 'n Wond wat rou of oop is, is dalk iets waaraan jy gewoond kan raak, maar dit beteken nie dit hou op seer voel nie.
Weet jy ook hoe dit voel? Vertel my, hoe verwerk mens so 'n verlies?

Saterdag 11 Julie 2015
Trouklokkies
Toesprake en 'n geweldige groot troue is nou nie julle "ding" nie, maar ek wou so graag die geleentheid hê om my hart openlik uit te spreek dat ek dit nou maar die wêreldwye web instuur...
Liefste Adri & Heinrich,
Mens hoor gereeld (of ek het al ontelbare kere gehoor) dat mense vertel hoe gelukkig hulle is om getroud te kan wees aan hulle beste vriend/vriendin, maar ek dink dis soms net 'n storie wat hulle kwyt raak sodat die wêreld hulle kan beny vir die liefdesverhouding wat hulle kamstig deel.
Julle is egter die uitsondering op die reël! Vandat julle ontmoet het (en Heinrich ons laat wonder het vir wie hy nou eintlik by die woonstel kom kuier, Adri) was dit vir my so oulik om te sien dat julle verliefdheid net nie einde kry nie. Mens sou dink dit sou verdof met tyd, maar julle s'n word net ronder! Dis genoeg om van siek te raak :P
Op 'n ernstiger noot, laat ek net sê - soms wanneer ek so na julle kyk, dink ek dat die res van ons nie 'n halwe idee het wat liefde regtig is nie.
Weereens baie geluk! Mag julle huwelik sowaar elke kronkel op julle pad vorentoe moeiteloos glad stryk.
Liefste Adri & Heinrich,
Mens hoor gereeld (of ek het al ontelbare kere gehoor) dat mense vertel hoe gelukkig hulle is om getroud te kan wees aan hulle beste vriend/vriendin, maar ek dink dis soms net 'n storie wat hulle kwyt raak sodat die wêreld hulle kan beny vir die liefdesverhouding wat hulle kamstig deel.
Julle is egter die uitsondering op die reël! Vandat julle ontmoet het (en Heinrich ons laat wonder het vir wie hy nou eintlik by die woonstel kom kuier, Adri) was dit vir my so oulik om te sien dat julle verliefdheid net nie einde kry nie. Mens sou dink dit sou verdof met tyd, maar julle s'n word net ronder! Dis genoeg om van siek te raak :POp 'n ernstiger noot, laat ek net sê - soms wanneer ek so na julle kyk, dink ek dat die res van ons nie 'n halwe idee het wat liefde regtig is nie.
Weereens baie geluk! Mag julle huwelik sowaar elke kronkel op julle pad vorentoe moeiteloos glad stryk.
Teken in op:
Plasings (Atom)