Sondag 20 Maart 2016

Moedertaal Moord

Ek kan nie ophou dink aan al die drama agter die onlangse tirades omtrent die Universiteite in Suid Afrika wat Afrikaans wil skrap as 'n onderwystaal nie.

Ek stem 100% saam dat mens nie jou moedertaal moet laat vergaan nie (sien Ted Ideas se artikel), maar ons as die sprekers daarvan moet besef dat so 'n verandering nie ons taal kan uitmoor nie. 'n Taal kan net begrawe word as ons dit self ophou praat en koester.

As volwassenes het ons mos nou al sekerlik geleer dat alles in die lewe aanhoudend besig is om te verander. Verandering is nie 'n slegte ding nie, bv. onnodige kostes wat aangegaan word om aparte klasse in verskillende tale aan te bied, kan mos nou maar eerder aangewend word om vir almal in ons land hoër kwaliteit onderwys moontlik te maak.

Dit maak my hartseer om te sien en te hoor hoe my mede Afrikaanssprekendes baie keer so aggressief en onbuigbaar reageer op alles. Kom nou! Ons is mos nou beter as dit?

Woensdag 09 Maart 2016

Ek Staan Saam Langs Die Koue Vuur

     Son is reg. Dit is 'n fokop - nie net as mens se ma dood is nie, 'n pa ook.

                        Dis 'n onherroeplike, lewensveranderende, hartverskeurende fokop.


Maandag 15 Februarie 2016

Ballade

Knysna kan aan gister se ou sokkies & onderbroekies gaan suig. As jy regtig voel dis tyd vir 'n ou Afrikaanse filmpie, kyk liewer Ballade vir 'n Enkeling.


*Daar is geen ander basis vir hierdie vergelyking as die blote feit dat ek albei probeer het gedurende dieselfde vakansie nie, maar dit móés net gesê word.


Donderdag 31 Desember 2015

Maandag 19 Oktober 2015

Sestig

Sestig Sekondes
Sou die bestuurder die trok net vroeër kon sien...

Sestig Minute
Sou ek net kans gehad het om te groet...

Sestig Maande
Sal die holte net kan vul...

Sestig Jaar
Geluk, Pa

Vrydag 02 Oktober 2015

Slaak 'n Sug van Verligting


Dis so maklik om verblind te word deur konstante klaagliedere. Méér so wanneer die mense om ons nie noodwendig optimisme & hoop so belangrik ag vir geestelike gesondheid soos wat mens self doen nie.

Ek wil vandag net graag 'n oomblik neem om 'n amptelike "Dankie" (op skrif en alles) opstuur vir hoe goed ma haar kanker teenstaan, en ook hoe skoon my resultate gelyk het Dinsdag.